Skip to content
Menu

Megan & Jan

Asset 6

18 April 2026

Asset 5

Met groot opgewondenheid en harte gevul met dankbaarheid, nooi ons jou as geliefde vriend en familielid om die bevestiging van ons huwelik saam met ons te kom vier. Vergesel ons op die 18de April 2026 in die asemrowende Magoebaskloof vir ‘n naweek gevul met lewe, lag en liefde. Laat weet asseblief voor 1 Februarie of jy die geleentheid sal kan bywoon deur op die skakel hieronder te klik. Vir diegene wat al Vrydagaand wil deurkom, hou ons ’n heerlike burger en bier aand by Zwakala Brewery en ons vra dat jy ook dit asseblief sal aandui op die RSVP-vorm.

Ter wille van die beplanning van ons dag en die aard van die venue, het ons besluit om hierdie dag ‘n kinderlose geleentheid te maak. Baie dankie dat jy verstaan. Ons sien daarna uit om jou by Mina’s Farm Venue te verwelkom vir ons spesiale dag!


#lykvirmyjyvanwykvirmy

Asset 7